COVID-19 uitbraak by Huis Namkawaland

0

Die Namakwaland gemeenskap is in rep en roer oor ’n COVID-19 uitbraak, by een van die bekende tehuise in die area – Huis Namakwaland.

Almal op die perseel is getoets en inwoners sowel as die personeel van Huis Namakwaland, het positief getoets.

’n Woordvoerder vir die tehuis, Ronell Whiting, bevestig dat die departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, die terrein op inperking geplaas het.

“Niemand, insluitend die personeel mag die perseёl verlaat nie.

Personeel wat positief getoets het is in isolasie geplaas óp die perseel.”

Whiting meen egter dat die tehuis redelik lig geraak is, omdat hulle al vanaf April al die inwoners immuun aanvullings gegee het.

“Geen ernstige gevalle is nog aangemeld nie.”

Die personeel is in direkte kontak met die COVID-19 span en al die inwoners word met ’n valkoog dopgehou, vir enige verandering in toestande.

“Alle veiligheidsmaatreёls word steeds streng gevolg en siftingstoetse word twee keer per dag gedoen.”

Die wyle werknemer van die tehuis is nie aan COVID-19 verwante komplikasies oorlede nie, alhoewel sy positief getoets het vir die virus.

Die te-huis personeel vra ook die gemeenskap om nie enige fopnuus en onnodige paniek te versprei nie.

NFM Nuus wens al die bejaardes en personeel ’n spoedige herstelling toe.

Leave A Reply

Your email address will not be published.