Covid-19 uitslae neem nou langer as in die verlede

0

“Die uitslae van Covid-19 toetse het die afgelope sewe dae afgeneem, as gevolg van die feit dat laboratoriums oorvol is, en dit ‘n geruime tyd  gaan neem om uitslae te verkry.”

Dit is volgens Dina Beukes, distrik hoof van departement van gesondheid in die Namakwa distrik.

Sy het tydens ‘n onderhoud met NFM vertel dat sy hoop en vertrou, dat die toetsing vinniger sal gaan.

Wanneer ‘n persoon binne sewe dae nog nie sy uitslae ontvang het nie, kan die persoon sy/haar naaste kliniek besoek.

Daar was opgemerk dat persone wat toets, hul verkeerde informasie met gesondheidswerkers deel onder andere; hul adresse, telefoonnommers en hul identitetsnommers.

Uitslae word per sms aan ‘n persoon aangestuur.

Mense wat in aanmerking kom vir ‘n Covid-19 toets, is mense wat in aanraking was met ‘n pasiënt wat positief getoets het vir die virus.

Hulle staan bekend as “close contacts”.

Indien ‘n persoon twee, drie of meer simptome van  die virus het, moet hulle hulself so gou as moontlik laat toets.

Die simptome van Covid-19 sluit onder andere in, hoofpyn, droë hoes, seerkeel, verlies van smaak- en reuksintuie, liggaams- en maagpyne, diarree, kortasem en ‘n hoë temperatuur.

As ‘n persoon ‘n Covid-19 toets gedoen het, moet hy/sy in kwarantyn gaan.

Dit beteken dat die persoon nie mag sy/haar huis verlaat nie.

As hierdie persoon saam met sy familie woon, moet hy/sy ten alle tye ‘n masker dra en sosiale afstand binne-in die huis handhaaf, totdat die Covid-19 uitslag bekend is.

Die aangepaste veiligheidsprotokolle sê dat wanneer ‘n persoon in kontak was met ‘n positief getoetsde persoon, dan word daardie persoon normaalweg getoets.

Die persoon moet dan die tien dae kwarantyn voltooi, ongeag of die resultate negatief was, na drie of vier dae.

Die coronavirus het ‘n inkubasie tydperk van 21 dae, maar is op sy mees aansteeklikste tussen die derde en agste dag.

Die isolasie en kwarantyn periode is verminder vanaf 14 na 10 dae.

Elke kliniek in die distrik gaan nou ‘n toetssentrum word.

Covid-19 toetse sal in die oggend gedoen word en nie in die namiddae nie.

Die rede daarvoor is dat die distrik nie laboratoriums het, wat Covid toetse kan doen nie.

Alle toetse word gestuur na die Wes Kaap, Vredendal en Upington, en word per koerier na die laboratoriums toe vervoer.

Baie sterfgevalle is in die Namakwa-distrik bevestig, maar volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, is die dodetal baie laag.

Die department werk hard daaraan om uitdagings met logistieke aan te spreek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.