‘Covid-19 verwante sterftes nou groot bron van kommer’ – Beukes

0

Die welbekende Dina Beukes, distrikhoof van die departement van gesondheid het met groot kommer vroeër hierdie week, haar misnoë bekendgemaak met betrekking tot gemeenskappe in die Namakwa-distrik.

Beukes het tydens ‘n onderhoud met NFM bekendgemaak dat die gemeenskappe bewus is van die stand van sake, as gevolg van die feit hoe die gemeenskap reageer in verband met die verspreiding van die virus.

Sy beweer daarna dat daar baie paniek onder Namakwalanders heers.

“Namakwa het die hoogste persentasie koers van 29% in die Noord Kaap, wat relatief hoog is.”

Beukes vertel dat beheerbare viruslading 10% en laer moet wees.

“Die sterftesyfer in die distrik neem drasties toe en gemeenskapslede kan sê dat dit op hul deurstoep is, of dat dit binne-in hulle huise is.”

‘n Bekommernis heers oor die oorvol hospitale in die distrik, waarvan die gewone sale ook nou in “Covid-sale” verander is.

Vier beddens is ge-allokeer vir noodgevalle, dus word daar ‘n beroep gedoen dat mense gesond moet lewe en hul naaste klinieke besoek en nie die hospitale nie, want hospitale moet net vir noodgevalle besoek word.

Die hopitaal kan nie Covid navrae hanteer nie, want die personeel is geweldig onder druk, met die oorvol sale van Covid-19 pasïente en die toetslyne wat vreeslik lank is.

Operasies by die hospitale is vir eers gekanselleer.

Die Nama Khoi regsgebeid is ‘n brandpunt en ‘n groot probleem.

Die Kamiesberg area het groot getalle bevestig; Sondag het 13 mense positief getoets.

Die Hantam omgewing wat Calvinia insluit is ‘n potensiële brandpunt.

In die Richtersveld heers daar ‘n bekommernis oor die klomp mense wat daar was gedurende die Nuwejaarsnaweek.

Beukes het daarna veryws dat daar mense op die strand was wat positief vir Covid-19 getoets het.

In dieselfde asem vra Beukes die gemeenskappe om die Covid-19 protokolle te gehoorsaam, deur hul maskers te dra, hand higïene toe te pas, sosiale distansïering toe te pas en by die huis te bly.

Leave A Reply

Your email address will not be published.