Covid-statistieke toon afname in Namakwa-distrik

Die huidige waterkrisis kan Covid-19 gevalle verder beïnvloed.

0

“Met alle uitdagings en haakplekke, gaan dit nogal relatief goed in die Namakwa-distrik”, sê Dina Beukes, distrik hoof van die department van gesondheid.

Sy het bygevoeg dat sy nie weet hoe die huidige waterkrisis, die situasie kan beïnvloed nie.

Daar is twee uitdagings wat die department bekommerd maak; die waterkrisis en die heropening van skole volgende week.

Beukes het bekendgemaak dat gesondheidsfasiliteite nie gevrywaar is om uit water te hardloop nie.

Gesondheidsfasiliteite is afhanklik van water wat deur die plaaslike owerhede aan hulle beskikbaar gestel word.

“Water moet spaarsamig gebruik word, want niemand weet wanneer dit op gaan raak nie, en tydens die Covid-19 pandemie, kan dit ‘n baie negatiewe invloed op mense hê.”

As die huidige waterkrisis voortduur, loop gesondheidsfasiliteite die risiko dat dienslewering nie kan plaasvind nie.

Wat die Covid-19 gevalle in die distrik betref, het Beukes melding gemaak op die goeie nuus.

“Daar is nogsteeds plekke waar Covid-19 as ‘n krisis gekenmerk word, moontlike kommerpunte.”

Tussen 17 en 23 Januarie het Namakwa sy piek bereik, toe 615 gevalle aangeteken was – die hoogste ooit in die distrik.

Sedertien die laaste week in Januarie, het gevalle met amper 50% gedaal.

Covid-19 gevalle het verder afgeneem in die eerste week van Februarie met omtrent 40%.

Verlede week het die distrik weer ‘n daling in positief bevestigde gevalle en hospitalisasies aangemeld.

Beukes het ook bevestig dat die mees onlangse uitbraak van Covid-19 gevalle, in Steinkopf plaasgevind het.

Die nuwe variant van die virus is wel by mense in die distrik bevestig, en daarom het sy luisteraars gewaarsku teen die nuwe variant.

Die gemeenskap kan versigtig wees en lewens red, deur hul maskers korrek te dra, hande gereeld te ontsmet, en om sosiale afstande toe te pas.

Leave A Reply

Your email address will not be published.