COVID19-SA: Oorvol tronke steeds groot bron van kommer

0

Oorbevolking in korrektiewe sentrums en gevangenisse in die land, bly ‘n groot rede tot kommer te midde van die COVID-19 pandemie.

Dit is volgens die departement van justisie en korrektiewe dienste.

Die adjunkminister van die departement, Patekile Holomisa, het in die media oor gevangenisse in die Oos-Kaap en landwyd gesê; dat oorbevolking in gevangenisse steeds ‘n groot probleem is.

“Dit is ondanks die feit dat meer as 12 000 gevangenes, met die aanvang en tydens die nasionale grendelstaat, vrygelaat is.”

Sy verklaring kom maande nadat die Minister Ronald Lamola, die publiek verseker het dat alle maatreëls ingestel is, om te verseker dat die personeel van korrektiewe dienste nie te veel belas word, met die aantal parole wat hulle buite hul fasiliteite moet monitor nie.

Lamola het in Augustus vanjaar, in ‘n antwoord aan die DA gesê dat hulle steeds werk aan die vrylating van 19 000 gevangenes, in pogings om oorbevolking in gevangenisse te verminder.

Teen Augustus was altesaam 634 gevangenes in die Noord-Kaap en die Vrystaat vrygelaat, as deel van die spesiale paroolbedeling, om die verspreiding van die koronavirus in korrektiewe-fasiliteite te beperk.

Hoewel Lamola bevestig het dat daar aansienlike vordering gemaak is met die vrylating van gevangenes in hierdie provinsies en ander, sê hy dat die aantal gevangenes in gevangenisse steeds kommerwekkend is, omdat daar sosiale distansiëring toegepas moet word.

Hy voeg by dat die departement tans aan planne werk, om meer korrektiewe fasiliteite in die land op te rig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.