DA vra dat Premier Saul resultate ter tafel moet lê, nie planne nie

Danksy talle uitdagings is die toestand van die Noord-Kaap erger as ooit.

0

Danksy die COVID-19 pandemie, die ekonomiese impak van die inperking en sistemiese korrupsie is die toestand van die Noord-Kaap erger as ooit.

Verlede week het die Noord-Kaap nóg twee vernietigende houe weg.

Die provinsie het die laagste matriekslaagsyfer in die land behaal.

Volgens die 4de Kwaartaallikse Arbeidsmagopname het die Noord-Kaap die grootste styging in die amptelike werkloosheidskoers.

’n Parlementslid van die DA in die Noord-Kaap, Harold McGluwa, sê die DA hoop dat premier, Zamani Saul, vandag se staatsrede sal benut.

Die DA hoop vir aksies en resultate wat reeds behaal is, in teenstelling met blote planne om die provinsie om te draai.

“Die premier moet nie hierdie werklike toestand en swaarkry wat burgers van die Noord-Kaap in die gesig staar probeer vermom nie,” sê McGluwa.

Die DA hou vol dat hulle oor kwessies wil hoor soos gehalte-onderwys, hoe Saul ’n toekoms sal skep vir gedemotiveerde jeug sonder opvoeding, vaardighede en werk asook die provinsiale waterkrisis.

McGluwa sluit af deur te sê, die premier dien reeds twee jaar in die amp, die tyd vir praat is lankal verby.

Leave A Reply

Your email address will not be published.