DA vra dat SAMRK aanbevelings maak oor Warrenton se watertekorte

DA soek antwoorde oor onophoudelike wateruitdagings.

0

Nege maande van watertekorte op Warrenton in die Noord-Kaap, sal aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie rapporteer word deur die Demokratiese Alliansie (DA).

Dit is as gevolg van die Magareng-munisipaliteit wat onwillig is om korttermynoplossings te implementer, om te help met die voorsiening van water as ’n basiese mensereg.

Die watertekorte het gelei tot protesaksie op die N12, op 16 Januarie.

Waterbehandelingsaanlegte kan egter nie meer in die vraag na huishoudelike water voorsien nie.

Dit kom te midde van die toename in die aantal huishouding oor ’n lang tydperk, swak onderhoud oor die afgelope jare, ’n gebrek aan fondse vir onderhoud, diefstal van elektriese kabels, vandalisme en die onwilligheid van die nasionale departement van water en sanitasie om die kapasiteit van die aanleg uit te brei, soos meer as 20-jaar gelede.

Alhoewel ’n 18-maande-lange uitbreidingsprojek van die waterbehandelingsaanleg uiteindelik aan die gang is, het die munisipaliteit nie daarin geslaag om volhoubare tussentydse maatreёls in betrooke gemeenskappe toe te pas nie.

’n Noord-Kaapse DA woordvoerder van samewerkende regering, Grantham Steenkamp, bevestig dat hy verlede jaar in November aan die premier, Dr. Zamani Saul geskryf het.

“Ek het hom gevra om met die LUR van samewerkende regering, Bentley Vass, te skakel om te verseker dat daar gedurende die feestyd hulp verleen word, om die jaarlikse toestroming van besoekers die hoof te bied. Ek het uit desperaatheid aan die Premier geskryf omdat ek nie ‘n reaksie van LUR Vass kry nie. Ek het egter ook nooit ‘n antwoord van die Premier gekry nie. Daarom sal ek die saak nou na die SAMRK verwys.”

Die DA hoop dat duidelike aanbevelings van die SAMRK ten opsigte van watervoorsiening aan die inwoners van Warrenton, die regering sal keer om die Magareng-waterkrisis verder te ignoreer.

“Alle inwoners verdien toegang tot water om aan hul onmiddellike behoeftes te voorsien, veral te midde van ‘n dodelike pandemie.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.