DA wil Sedibeng se geskiktheid ondersoek

0

Sedibeng het versuim om gehoor te gee aan talle vloedwaarskuwings en waarskuwings deur DA-raadslid, Wouter Jordaan, om die pompe by Henkries te lig te midde van stygende watervlakke.

Op Saterdag, 6 Februarie 2021, is die pompe onder water gelaat.

As gevolg hiervan is duisende inwoners se watertoevoer afgesny en baie vars water het in die see verlore geraak.

Volgens ’n raadslid vir Nama-Khoi munisipaliteit, Rodney Kritzinger, wil die Demokratiese Alliansie (DA) hê dat Sedibeng ondersoek moet word.

Die ondersoek is om vas te stel of die waterraad in staat is om Nama-Khoi munisipaliteit se watervoorsiening te bestuur.

“Dit kom nadat Sedibeng versuim het om ‘n hoogs voorkombare waterkrisis, wat 14 dorpe raak, te vermy,” sê Kritzinger.

Sedibeng en die Nama-Khoi munisipaliteit versuim ook om effetkitief met inwoners oor die waterkrisis te kommunikeer.

Wat met Namakwaland se water, onder die wanbestuur van Sedibeng gebeur het, is inderdaad baie ernstig.

Kritzinger bevestig dat die DA ‘n versoek aan die minister van water, Lindiwe Sisulu, sal rig om ‘n ondersoek na Sedibeng se wanbestuur van Nama Khoi se water in te stel.

Water is ‘n skaars en kritieke bron.

Dit moet met uitnemendheid en verantwoordelikheid bestuur word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.