Daaglikse styging in Kovid-19 gevalle in die Namakwa-distrik kommerwekkend

"Sowat 46 317 persone het genees van die virus en dit laat die provinsie met 8 228 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 53 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (22), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (20), Hantam plaaslike munisipaliteit (10) en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit 1.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 051, met 5 406 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 578 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 313 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 55 845.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 298.

Sowat 46 317 persone het genees van die virus en dit laat die provinsie met 8 228 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.