Daaglikse styging van Kovid-19 gevalle in die Namakwa distrik aangemeld

"Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 770 aktiewe gevalle. "

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 13 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (6), Hantam plaaslike munisipaliteit (4) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (3).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 213, met 4 379 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 770 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 156 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 39 607.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 891.

Sowat 35 289 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 425 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.