Dag twee van geen nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik

"Die Namakwa-distrik bly dus onveranderd op 13 847, die sterftesyfer is 144, met 13 413 genesings en diè distrik het 290 aktiewe gevalle.    "

0

Dit is die tweede agtereenvolgende dag dat in die jongste verslagperiode geen nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld is nie.

Die Namakwa-distrik bly dus onveranderd op 13 847, die sterftesyfer is 144, met 13 413 genesings en diè distrik het 290 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 6 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 504.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 265.

Sowat 88 607 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 630 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.