Dagga geskonfiskeer op nasionale pad

"Die 19-jarige man is inhegtenis geneem  en aangekla vir die besit van dagga en sal binnekort in die landdroshof op Upington verskyn."

0

Die meëdoenlose en volgehoue pogings om dwelms uit die strate te verwyder het vrugte afgewerp toe Sersant Charlto Andrews en konstabel Chevee Niewenhuisen stil gehou het langs die pad en ‘n niksvermoedende man langs die pad deursoek het.

Verskeie SAPD lede verbonde aan die hoogweg blitspatrollie-eenheid in Upington het die oggend van 08 September 2021 om 07:55 op die R360-pad tussen Upington en Rietfontein patrollies uitgevoer toe hulle ‘n man met sy reistas langs die pad opgemerk het.

“Die lede het die man gestop en deursoek en vier versteekte plastieksakke met dagga in die reissak ontdek. Die waarde van die dagga word op R4 300-00 geraam”, het ‘n woordvoeder vir die SAPD in die Noord-Kaap, (v) Kolonel Mashay Gamieldien bevestig.

Die 19-jarige man is inhegtenis geneem  en aangekla vir die besit van dagga en sal binnekort in die landdroshof op Upington verskyn.

Die polisie in die provinsie sal onverpoos voortgaan om die  dwelmhandelaars se bewegings in te perk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.