Dagga op De Aar gevind

"Die  verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn op aanklag van handel in dagga."

0

As deel van die Vhuthu Hawe-operasie het lede van die SAPD se Openbare Orde Polisie in De Aar in samewerking met die sigbare polisie-eehede (Vispol) ‘n ondersoek gedoen by ‘n huis in Francisstraat.

Die provinsiale polisiewoorder, Luitenant-Kolonel Dimakatso Sello het bevestig dat dagga met ‘n gewig van 6 232 is in die huis gevind was en ‘n man is in hegtenis geneem vir die besit en handel in dagga.

Die gekonfiskeerde dagga word geskat op ‘n straatwaarde van ongeveer R62 200-00.

Die  verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn op aanklag van handel in dagga.

Leave A Reply

Your email address will not be published.