Dagga Ter Waarde Van R700 000 Gekonfiskeer In Kagisho

"Die wit Nissan NP200-bakkie wat na bewering tydens die kommissie van misdaad benut is, is ook gekonfiskeer."

0

Op Maandag, 2 Augustus, omtrent 19:50 het die polisie inligting opgevolg en op ’n niksvermoedende manlike verdagte toegesak.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, sê die polisie het by sy huis in Kagisho dagga gekonfiskeer met ’n geskatte straatwaarde van R700 000.

“ 462kg dagga is in ’n bakkie en ’n shanty gevind op Kagisho in Galeshewe,” sê Kock.

Die 44-jarige manlike verdagte is in hegtenis geneem en die polisie het ook op geld beslag gelê.

Die wit Nissan NP200-bakkie wat na bewering tydens die kommissie van misdaad benut is, is ook gekonfiskeer.

Die verdagte moet binnekort op ‘n aanklag vir handel in dagga in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Die polisie ondersoek duur voort.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.