Daniëlskuil-man agter tralies vir verkragting van sy ma

0

‘n 36-Jarige man is op 07 September, in die Daniëlskuil-landdroshof tot 20-jaar tronkstraf gevonnis, vir die verkragting van sy ma.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het die voorval bevestig en gesê dat die 36-jarige man, sy ma twee jaar gelede verkrag het.

Die Moeder van die verkragter, het ‘n begrafnis op 29 Desember 2018 bygewoon en gaan slaap toe sy tuis kom.

Gamieldien sê die slagofferhet gevoel iemand vat aan haar liggaam en het wakker geword.

“Sy het die verdagte suksesvol geïdentifiseer as haar eie seun.”

Die slagoffer het hard begin skree en haar kêrel het haar gehoor en die seun aangekeer.

Die 36-jarige verdagte is dieselfde dag deur die Danielskuil-polisie in hegtenis geneem.

Tydens sy vonnisoplegging is hy onegskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Sy naam is ook in die register van seksuele oortreders aangeteken.

Leave A Reply

Your email address will not be published.