Departement beplan om skole se infrastruktuur te verbeter

0

Die nasionale Departement van Basiese Onderwys het bekendgemaak dat hulle skole in die Noord-Kaap en Vrystaat, sal befonds in ‘n poging om asbesdakke by skole te vervang.

Die departement het in die parlement op ‘n vraag gereaggeer en gesê dat hulle skole regoor die land sal befonds vir die vervanging van die asbesdakke.

“Meer as eenduisend skole in die Noord-Kaap en Vrystaat is op die departement se prioriteitslys geplaas, vir die verbetering van infrastruktuur. ”

Die departement beplan om binne die volgende vier jaar, die asbesdakke van meer as ‘n duisend klaskamers te vervang.

Die COVID-19 pandemie en nasionale inperking, het tot gevolg gehad dat ‘n sekere hoeveelheid projekte, nie hierdie jaar voltooi kon word nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.