Departement sê tronke het genoeg plek vir ‘masker-oortreders’

0

Die Departement van korrektiewe dienste het landsburgers gewaarsku dat tronke in Suid-Afrika, oorgenoeg plek het vir enigiemand wat gearresteer word, omdat hulle nie ‘n masker in die openbaar dra nie.

President Cyril Ramaphosa het die land Maandagaand toegespreek en gesê dat dit nou verpligtend is, dat elke persoon in die publiek ‘n masker oor sy/haar mond en neus moet dra.

Ramaphosa het die land vanaf vlak 1 na vlak 3, van die nasionale inperking geskuif, nadat ‘n tweede golf van COVID-19 infeksies die land getref het.

Ingevolge die aangepaste vlak 3 inperkingsregulasies, sal iemand wat in die openbaar sonder ‘n masker gevang word, ‘n stewige boete of ses maande gevangenisstraf of albei opgelê word.

Die publiek moet egter kennis neem dat polisie-lede èèrs so ‘n oortreder, ‘n mondelingse waarskuwing moet gee, voordat in hegtenis neming kan voortgaan.

‘n Woordvoerder vir die departement, Singabakho Nxumalo, het gesê dat landsburgers dit ernstig moet opneem.

“Lapmaskers het die potensiaal om die verspreiding van die virus te verminder en die pandemie te beheer. Mense wat nie die regulasies nakom nie, kan vervolg word.”

Nxumalo sê dat die departement seker sal maak dat daar genoeg plek is in gevangenisse om mense te akkommodeer.

Intussen het 8 462 gevangenes en wagte positief getoets vir die virus, en 153 van hulle het hul stryd teen die virus verloor.

Foto: Verskaf

 

Bron: OFM Nuus

Leave A Reply

Your email address will not be published.