Departement skenk weggooibare doeke aan plaaslike organisasie

0

Die departement van maatskaplike ontwikkeling, het vanoggend ‘n groot skenking aan ‘n plaaslike organisasie gedoen.

“Die departement het meer as 80 pakke volwasse weggooibare doeke, aan die Namakwa Gestremde Organisasie geskenk.”

Die Namakwa Gestremde Organisasie werk tesame met Radio NFM 98.1, om die verspreiding van die volwasse weggooibare doeke te doen.

Radio NFM het alreeds in Maart vanjaar begin om liefdadigheidswerke in Okiep en omliggende plekke te doen.

Met die kospakkie-skenkings kon NFM verseker dat inwoners ietsie het om te eet, veral tydens die kritiese COVID-19 pandemie en nasionale inperking.

Die stasiebestuurder by NFM, Brunhild Strauss het aan NFM Nuus genoem dat die uitroep en noodkreet na volwasse weggooibare doeke, ‘n daaglikse kwessie is in ons omgewing.

As gevolg van die hoë armoede- en werkloosheidsyfers, het die departement dit goed gedink om hierdie las, effens ligter in ons gemeenskappe te maak.

Strauss het sy dank teenoor die departement uitgespreek en genoem dat hierdie vonds groot verligting bring vir ons mense.

Magdaleen Van den Heerver (DSD) en Brunhild Strauss (NFM)
Leave A Reply

Your email address will not be published.