Departement van Onderwys stel aanlynaansoek-sisteem bekend

0

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het vandag vir die eerste keer die aanlynaansoeke vir onderwys in 2021 bekendgemaak.

Die departement poog om hiermee hul visie, om ‘n moderne groeiende en suksesvolle provinsie te verseker, na te streef.

Die aanlynaansoek-sisteem maak dit moontlik vir ouers om van die huis af aansoek te doen om te verseker dat hul kind vir die volgende akademiese jaar geregistreer is.

“Die heropening van skole aan die begin van ‘n nuwe akademiese jaar, het sinonieme geword met die lang toue wat ouers moet verduur, om plek vir hul kinders te kry.”

Die sisteem maak dit ook moontlik vir die departement om leerlinge spoedig te plaas.

Die aanlyn-toegangstelsel sal ouers in staat stel om aansoek te doen vir hul kind, vanuit die gemak van hul eie huis, of ouers kan die geïdentifiseerde instapsentrums per distrik gebruik.

Die stelsel sal die departement in staat stel om die plasing van leerders vinnig op te spoor en ‘n vlot begin van die nuwe akademiese jaar te verseker.

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, vergesel deur die waarnemende LUR vir onderwys, me. Nontobeko Vilakazi, het die bekendstelling van die 2021 Aanlyn-toegangstelsel vir 2021 vanoggend behartig.

Die bekendstelling was in die vorm van ‘n mediakonferensie.

Tydens die mediakonferensie was ‘n demonstrasie van die aanlyn-toelatingstelsel ook gedoen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.