#DestinyDesigned: Plaaslike modeontwerpers kan hulself só bemagtig!

Mej Heelal Suid Afrika, Natasha Joubert gaan modeontwerpers 'n geleentheid gee om hulself te benmagtig.

0

Natasha Joubert, wat onlangs haar titel as Mej. Heelal Suid-Afrika 2020 ontvang het, het die #DestinyDesigned projek van stapel gestuur, om jong modeontwerpers te bemagtig.

Joubert het ‘n passie vir entrepreneurskap en ontwerp, en is self ‘n gesoute mode-ontwerper en model.

Suid-Afrikaanse ontwerpers word aangemoedig om deel te neem aan hierdie projek, en meer inligting oor hul ontwerp etiket in te dien, en te verduidelik hoe hul besighede deur die Covid-19 pandemie geraak is.

Tien deelnemers sal gekies word om twee amptelike kledingstukke elk te maak.

Hierdie kledingstukke sal deur die voormalige Mej Suid-Afrika-titelhouers en finaliste, asook spesiale gasmodelle gedra word, tydens ‘n virtuele fondsinsamelingsmodeskou.

Joubert was in haar noppies toe sy aankondig dat die modeskou aanlyn sal plaasvind op Saterdag, 10 April 2021.

“Die 10 gekose ontwerpers sal fondse ontvang, wat deur kykers se intekengeld op misssa.live betaal word.”

Joubert sê ná die vertoning sal die ontwerpers se klere aanlyn opgeveil word, en die opbrengs van elke item wat verkoop is sal aan die onderskeie ontwerpers gaan.

“#DestinyDesigned sal ook hierdie talentvolle Suid-Afrikaanse ontwerpers op ‘n wêreldwye platform ten toon stel, aangesien kykers van regoor die wêreld by die skou sal kan inskakel.”

“Kykers sal ook die geleentheid kry om ‘n beperkte uitgawe pasgemaakte t-hemp, ten bate van hierdie projek te koop.”

Inskrywings vir #DestinyDesigned is nou oop en sluit op 22 Februarie 2021.

Diegene wat wil deelneem, moet ‘n e-pos aan Natasha Joubert by natasha@misssa.co.za stuur met die ontwerpetiketinligting (naam, sosiale media-handvatsels, kontakbesonderhede, webwerf indien van toepassing, ens.)

“Ontwerpers moet aanvoer hoe hul besighede deur die Covid-19 pandemie geraak is/word.”

Die Mej Heelal skoonheidskompetisie is geskeduleer om in die tweede helfte van 2021 plaas te vind, maar geen datums is tot sover bevestig nie, weens die voortslepende Covid-19 pandemie.

Mej Suid-Afrika word aangebied deur Weil Entertainment in samewerking met M-Net, Mzansi Magic, Sun International, Brand South Africa en die stad Kaapstad.

Leave A Reply

Your email address will not be published.