Die gereg se hand is nie te kort nie

Die drie aanklagte is saamgevoeg waardeur Ballie skuld beken het op diefstal sowel as opsetlike saakbeskadiging.""

0

‘n Man was skuldig bevind aan verskeie misdade, waaronder strafbare manslag, diefstal en kwaadwillige saakbeskadiging wat by verskillende geleenthede tussen 2014 en 2020 gepleeg is.

Die 23 jarige Marshal Ballie, was skuldig bevind in die streekhof op Kenhardt.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Sersant Omphile Masegela, het bevestig dat Ballie, wat destyds 16 jaar oud was, in die Kinderhof verskyn het vir poging tot moord op sy tante se kêrel, Hendrick Appies.

Hy het hom aangerand  tydens ‘n onderonsie by die huis gedurende  Januarie 2014.

Appies is later in die hospitaal dood weens die beserings wat hy opgedoen het en die aanklag is daarna na moord verander.

“Op 06 April 2020 is dieselfde beskuldigde weer gearresteer en aangekla van diefstal van selfone by ‘n plaaslike snoepie. Hy het teruggekeer na dieselfde snoepie en die toonbank beskadig. ‘n Ander saak van kwaadwillige saakbeskadiging is teen hom geopen,” het Sersant Masegela gesê.

Die drie aanklagte is saamgevoeg waardeur Ballie skuld beken het op diefstal sowel as opsetlike saakbeskadiging.

Die beskuldigde is op Maandag, 30 Augustus 2021, in die Kenhardt-landdroshof tot 7 jaar gevangenisstraf opgelê vir strafbare manslag, 6 maande weens kwaadwillige saakbeskadiging en 12 maande vir diefstal.

Die ondersoekbeamptes, Adjudant-Offisier Elrich Minies en konstabel Nqabisile Bosman is deur die waarnemende distrikskommissaris, brigadier Johnny Besnaar, toegejuig vir hul uitstekende ondersoekwerk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.