Die mediahuis in Namakwaland waaroor almal gons!

0

Namakwaland het ‘n nuwe dinamiese media huis, wat behoorlik besig is om opslae te maak, Kokerboom Media Productions.

Die media huis fokus op die ontwikkeling van alle kunste, kulture en kunsvlyt in die Namakwa streek.

“Ons visie is om media inhoud van die hoogste gehalte vir en van Namakwaland te skep, om op nasionale en internasionale vlak mee te ding en om aan alle nodige standaarde in die bedryf te voldoen,” vertel een van die direkteure Llewellyn Stevens.

Stevens vertel dat dit die onderneming se missie is om armoede in gemeenskappe te verlig, om kunstenaars van verskillende vorme met die nodige vaardighede in staat te stel om hulle te bemagtig.

Die media huis help die kunstenaars om ‘n platform te bied om die kultuur, inheemse tale, en kuns en kunsvlyt aan die breër gemeenskap ten toon te stel.

Die direkteure verbonde aan die media huis het ‘n kumulatiewe ervaring van meer as 30 jaar in die verskillende fasette van die media-en kunsvlytbedryf.

Van klankingeneurswese tot uitsaai, produksietegnieke, opnames, musieklesse, skryf en kunsvlyt.

Stevens vertel dat die mediahuis in staat is om die verskillende sektore binne die media te akkommodeer.

“Ons het ook ons ​​debuut-dokumentêr saam met RCC Consultancy en ander rolspelers aan die One People Film Festival bekendgestel. Die film was suksesvol en is in die Canal Walk NuMetro van Kaapstad uitgesaai. ”

Die media huis sal op 12 Mei hul dokumentêr bekendstel in Namakwaland by Okiep Country Hotel.

Kokerboom Media Productions verklap dat daar nog baie produksies in die mou is.

Vir meer inligting besoek Kokerboom se Facebook blad hier: https://www.facebook.com/kokerboommedia

Leave A Reply

Your email address will not be published.