“Die Noord-Kaap het nèt SES veeartse!”

0

Lede van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het bekendgemaak dat die Noord-Kaap, amper geen veeartse het nie.

Die lede het onder meer die aanstelling van gekwalifiseerde veeartse bespreek, asook diegene wat vir gemeenskapsdiens kwalifiseer.

Dit het aan die lig gekom dat die Noord-Kaap in totaal, nèt ses veeartse het.

Dit wek groot kommer en baie vrae, veral nadat daar ‘n groot behoefte is om bestaansboere te bedien.

Die Waarnemende Direkteur-Generaal van die departement, Mooketsi Ramasodi, het aan die komitee gesê dat provinsies aan die begin van die aanstellingsproses, hul behoeftes kon aandui.

“Die behoefte is die grootste in die landelike en plattelandse gebiede, maar die hulpbronne bly steeds die grootste uitdaging. ”

“Klein- en bestaansboere veg onverpoos teen vee-siektes en uitbrake, dit terwyl hulle baie min toegang tot broodnodige vee-hulpbronne en dienste het.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.