Die Noord-Kaap word 95 nuwe ambulanse ryker!

0

Die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul het gister, 14 Desember, 65 additionele ambulanse aan die provinsie se departement van gesondheid oorhandig.

Dit kom nadat hy reeds verlede week, 30 ambulanse aan die department oorhandig het.

“Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het huidiglik ‘n totaal van 95 nuwe ambulanse.”

Tydens die oorhandigingseromonie, het Saul erken dat vele klagtes reeds ontvang was oor ambulanse wat om hulp geroep word, maar te lank neem om op te daag.

Die nuwe ambulanse se doel is om dienslewering oor die provinsie te bespoedig, veral in die meer landelike gebiede.

“Die provinsiale regering prober nou verseker dat daar ’n spoedige reaksie van hul nood mediese dienste is en dat lewens gered sal word,” sê Saul.

Leave A Reply

Your email address will not be published.