Die Noord-Kaapse departement van gesondheid betreur die afsterwe van dr. Rodriguez

0

Maruping Lekwene, Noord-Kaapse LUR vir gesondheid en waarnemende hoof van die departement, dr. Dion Theys het met hartseer verneem van die afsterwe van die bekende en hoogs gerespekteerde geneesheer, dr. Misael Segundo Montero Rodriquez.

Hy het vir die afgelope 22 jaar die Provinsiale Departement en gemeenskap van ZF Mgcawu-distrik gedien.

“Ons sluit by die Rodriquez-familie aan en rou saam met hulle, insluitend sy kollegas, vriende en die gemeenskap in hierdie moeilike tydperk.

LUR Lekwene het ook gesê “Ons hou  hulle almal in ons gebede en in ons gedagtes .”

Dr. Rodriguez het COVID-19 in die laaste deel van September 2020 gekontrakteer.

Nadat hy siek geword het, is hy in die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington opgeneem en  daarna oorgeplaas na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley.

Hy was onlangs oorgeplaas na die Milpark-hospitaal intensiewe eenheid in Gauteng en is toe op Saterdag 7 November oorlede.

Dr Rodriguez het in April 1998 uit Kuba in Suid-Afrika aangekom waarvan as mediese beampte by die ou Gordonia-hospitaal in Upington begin werk het.

Hy was onlangs bevorder tot ‘n kliniese bestuurder by die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington en word beskou as ‘n man van groot vaardigheid en passie, doelgerig en nederig van hart.

Dr. Rodriguez was altyd toeganklik vir al sy kollegas en pasiënte, hy was  diensbaar teenoor die mense wat hy bedien het, sy leiding was nog altyd tot voordeel van die publiek.

Hy laat nie net ‘n onuitwisbare inskripsie op sy groot werk nie na nie, maar ook in die lewens van die mense met wie hy werkervarings gedeel het.

Die woordvoerder van die Noord Kaapse department van Gesondheid, Lebogang Majaha, het gesê dat as ‘n departement en regering, is hulle werklik verskuldig aan hom vir die wyse waarop hy sy verantwoordelikhede uitgevoer het, wat van groot voorbeeld is vir diegene wat daarna streef om die mediese beroep na te jaag.

Kuba en Suid-Afrika het op 11 Mei 1994 formeel diplomatieke bande gesmee, net een dag ná die ontslape oud president Nelson Mandela se inhuldiging as president.

Die sterk en historiese verhouding tussen Suid-Afrika en Kuba het onder meer bilaterale ooreenkomste en tegniese samewerking in baie gebiede gesien, insluitende gesondheid, menslike nedersettings, openbare werke, infrastruktuur, waterhulpbronbestuur, sanitasie en basiese onderwys.

Selfs met die ontplooiing van Kubaanse dokters in Suid-Afrika is ‘n demonstrasie van die strategiese vennootskap en solidariteit tussen die twee lande en ‘n wonderlike voorbeeld van Suid-Suid-samewerking.

Dr. Rodriguez was een van die vroeë aanstellings in hierdie program en die departement was bevoorreg dat hy in die Upington-omgewing lewe gebring het in die manier waarop hy dit gedoen het.

Dr Rodriguez sal altyd ge-eer word as ‘n reus van solidariteit en internasionalisme.

Hy sal baie gemis word en sy lewe sal vir ewig ‘n belangrike deel van die geskiedenis van twee lande se spesiale betrekkinge wees.

Die gesin sal ‘n private begrafnisdiens hou en Dr. Rodriquez laat sy vrou, dr. Amarilis Machado Batista,  ‘n mediese praktisyn in Upington en drie kinders agter.

Que dios le de el descanso eterno y las fuerzas a su amada familia.

Leave A Reply

Your email address will not be published.