Die polisie lê beslag op vuurwapens en ammunisie – slagoffers langs teerpad vasgebind

Die slagoffers se bakkie het na bewering 'n meganiese onderbreking ervaar ongeveer 20 km buite Kimberley.""

0

Provinsiale ondersoekbeamptes in die SAPD betrokke by die ondersoek van georganiseerde misdade in die Noord-Kaap het inligting opgevolg en drie buitelandse verdagtes is in hegtenis geneem na ‘n plaasroof in Campbell.

Op 7 Julie 2021 omstreeks 20:00 het drie mans ‘n huis op ‘n plaas buite Campbell binnegegaan.

Die mans het die 36-jarige boer en sy 28 -jarige vrou met ‘n vuurwapen gedreig en hom met pangas aangerand.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kapt Sergio Kock, het bevestig dat die mans ‘n aansienlike bedrag geld, ‘n .38 rewolwer, ‘n skootrekenaar en selfone gesteel het.

Die verdagtes het die slagoffers in hul silwer Toyota Hilux-bakkie gelaai in ‘n poging om meer geld uit hul bankrekeninge in Kimberley te laat trek.

Die slagoffers se bakkie het na bewering ‘n meganiese onderbreking ervaar ongeveer 20 km buite Kimberley.

Hulle  is langs die pad vasgemaak en die verdagtes het van die toneel gevlug.

Die man het daarin geslaag om homself los te maak en het die saak by die polisie aangemeld.

Die verdagtes is almal vanoggend (02/08) 02 Augustus 2021 om 11:00 in Galeshewe, Kimberley, in hegtenis geneem.

Die polisie het ook die .38 rewolwer en ‘n 9 mm speelgoedpistool gekry wat onder ‘n slaapkamervloer by ‘n huis in Galeshewe begrawe was.

Die polisie het ook beslag gelê op ‘n selfoon en skootrekenaar wat na bewering aan die slagoffers behoort.

Die verdagtes van 24, 25 en 27 jaar oud sal in die landdroshof van Douglas verskyn.

Enigiemand met meer inligting kan Kst Bernard Sebegilwe skakel by 060 864 6128.

Die ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.