Dieresiektes steek nou kop uit in Namakwaland

0

Groot en diepe dankbaarheid heers oral in Namakwaland, nadat God sy mense kom verras het met fraai, welgevormde blomme in die distrik.

“Die goeie reëns die afgelope tyd, in die droogtegeteisterde Noord-Kaap het ook sy nadele.”

Boere in Namakwaland sê dieresiektes steek ook nou kop uit.

Die ondervoorsitter van die plaaslike boerevereniging op Steinkopf in die Noord-kaap, Lionel Cloete, het laat hoor dat siektes soos Krimpsiekte, veral voorkom in somermaande.

Hy het in ‘n onderhoud met OFM Nuus gesê dat dit belangrik is, dat boere hieraan moet aandag gee, anders kan hulle hul diere verloor, as gevolg hiervan.

Ten spyte hiervan, is hulle baie dankbaar vir die pragtige veld wat jaarliks talle toeriste na dié streek lok, het Cloete laat hoor.

Plase in die oostelike dele van die Noord-Kaap het egter minder reën, as diè in die westelike dele gekry.

Cloete sê dat Steinkopf eenkeer sowat 60mm reën gemeet het en hy hoop dat die Boesmanland-omgewing in die komende somerreënvaltydperk goeie reënval sal ervaar.

Boere in die Boesmanland trek steeds swaar, omdat reënval minder is in die streek.

Leave A Reply

Your email address will not be published.