Dina Beukes groet gesondheidsdepartement Na byna 50-jaar

0

Na sy getrou vir ‘n hele 45-jaar die Departement van Gesondheid en haar mense bedien het, is Dina Beukes gereed om haar goue jare met albei arms te omhels!

Beukes was die Distriksbestuurder van die Namakwa Distrik se Departement van Gesondheid en het haar laaste jare hier gewerk.

Die COVID-19 pandemie het Beukes se werksomgewing radikaal verander.

“Ons het oorspronklik ‘n 3-jaar plan in plek gehad,” vertel sy.

Dit was hoofsaaklik om die kwaliteit in dienslewering te verskerp.

Beukes het bygevoeg dat die plan se doel ook was om toegewyde werkers te koester, sodat hulle hul werk met trots kan doen; en om opleiding en kliniese kennis in te skerp  by werkers.

Beukes vertel dat die pandemie die assesering tot stilstand gebring het, maar dat die Departement bewus is van die leemtes in die Namakwa-Distrik.

Verder vertel Beukes dat sy kinderlik opgewonde is vir haar aftrede.

“Ek is opgewonde om vir die Here te werk en ook vir my self.”

Sy vertel dat sy vreeslik baie planne vir haar aftrede het, maar verklap dus nie alles nie.

Wat sy wel laat weet het, is dat sy vir eers haar huis en tuin gaan regruk.

“My ma het altyd gesê, wanneer jou hart reg is, is jou vingers groen,” vertel Dina.

Sy vertel ook dat sy baie geseënd is om op haar ouderdom geen chroniese siektes onder lede te hê nie.

Iets wat Beukes altyd saam met haar sal dra na al die jare van werk, is dat sy nooit gekyk het wie haar ondersteun in situasies nie.

Sy het altyd gedoen wat reg is, ongeag wie haar ondersteun.

Beukes glo daaraan om altyd konsekwent te wees, en om altyd die waarheid te praat.

Sy bedank ook vir NFM 98.1, vir die rol wat die radiostasie gespeel het in die pandemie.

“Baie krisisse in Namakwa is afgeweer te danke aan die radiostasie wat die gemeenskappe gevoed het met inligting.”

Dina Beukes was een van die min direkteure wat altyd bereid was om aktief te wees in die gemeenskap en inligting te deel oor wat in haar departement plaasvind.

Leave A Reply

Your email address will not be published.