Dis “All systems go!” vir #Matriekeksamen

0

Die Noord-Kaapse departement van onderwys, het in ‘n amptelike verklaring bevestig dat skole in die provinsie gereed is, vir die aanvang van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) -eksamens.

Matrikulante regoor die land sal op 05 November 2020 hul eerste NSS-vak skryf.

“Dit kom te midde die dodelike en verwoestende COVID-19 pandemie, dat matriekulante nóú hul sokkies ekstra hoog moet optrek.”

Die nasionale inperking het ‘n negatiewe uitwerking gehad op die 2020-akademiese jaar, maar die nasionale departement van basiese onderwys is hard aan die werk, om te verseker dat onderrig en leer plaasvind.

Die departement se direkteur-generaal, Mathanzima Mweli, het onderwysers en leerders by verskeie skole in die provinsie toegespreek, en gesê dat hy tevrede is met die provinsie se vordering, ondanks uitdagings wat die COVID-19 pandemie inhou.

Sy besoek aan skole in die Namakwa-distrik was verlede Vrydag, 23 Oktober, enkele dae nadat hy skole in die Frances Baard- en John Taolo Gaetsewe-distrikte besoek het.

Mweli het die provinsie geloof, vir voorsorgmaatreëls wat in skole geïmplementeer is, om die verspreiding van die virus hok te slaan.

Hy het ook die pogings geloof wat aangewend was, om te verseker dat daar naweekklasse is, om leerders op datum te bring met die kurrikulum, wat hulle weens die COVID-19 pandemie misgeloop het.

Eksamens vir matriekleerders landwyd, sal op 5 November afskop tot 15 Desember.

Met minder as 10 dae om te gaan, het die departement van basiese onderwys het ‘n beroep op die matriekklas van 2020 gedoen om hard te studeer vir hul komende Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamens.

Mweli sê dat matrieks gedurende hierdie uitdagende paar weke, gefokus moet bly.

Leave A Reply

Your email address will not be published.