Dis ‘n ‘grênd’-affêre by TOPS@Spar

0

TOPS@Spar op Springbok het vanoggend hul nuwe baadjie aangetrek, en dit sommer ‘n regte spoggerige-affêre gemaak.

TOPS het al vroeg verlede week begin om die heropening van die drankwinkel te bemark, en so het hulle ‘n vlaag Namakwalanders na hul winkel gelok.

Kliënte was uitgevat in hul ‘grênd’ klere en het die koue aangedurf om ook baat te vind by TOPS se winskopies.

Daar was ook pryse te wen, waar kliënte hul geluk getoets het op die welbekende draaiwiel, wat Springbok Superspar by hul ander funksies ook gebruik.

Foto: Kenneth McDonald – Bestuurder by TOPS@Spar

“TOPS is meer as net ‘n drankwinkel, maar ‘n gemeenskapsvennoot wat passievol is oor hul gemeenskap.”

As ‘n verantwoordelike, prettige vriend van Suid-Afrika, is hulle trots daarop om alle kliënte ‘n onvergeetlike ervaring te gee, hetsy tydens sy of haar inkopietog of agterna, wanneer hulle hul drankies geniet.

Die winkel is rolstoel-vriendelik en is maklik toeganklik vir persone met gestremdhede, soos parapleë, blinde mense, ens.

TOPS@Spar ondersteun die verantwoordelike gebruik van alkohol en verkoop geen drank aan persone jonger as 18-jaar oud nie.

Radio NFM 98.1 se Richard Theron het die verrigtinge bygewoon en regstreeks aan luisteraars verslag gedoen oor die opwindende gebeurtenis.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.