Namakwa distrik munisipaliteit raadslid gesels met vroue

"Die jaar word die groot rol en geskiedenis van Charlotte Maxeke gevier in die huidige demokrasie."

0

Raadslid van die Namakwa distrik munisipaliteit en voorsitter van die Veelvoudige Party Vroue Fokus, Lisa Minnies het gesels met vroue in die distrik.

Die jaar word die groot rol en geskiedenis van Charlotte Maxeke gevier in die huidige demokrasie.

Sy was een van die baanbreker vrouens wat geleenthede geskep het vir  vrouens om ‘n stem te hê sodat vrouens na geluister word.

Minnies het Saterdag by ‘n geleentheid vir vroue in Sanddrift ‘n boodskap gedeel getitel; “Die vrou met die masker”.

Sy sê dat vrouens ‘n “handbag  full of masks” het.

’n Masker vir elke geleentheid.

Sy het ook die seer en pyn wat elke vrou daagliks deurmaak en saam met hulself dra aangeraak en het die kwessie van geslagsgebasseerde geweld aangeraak.

“Dit is wat Charlotte Maxeke moontlik gemaak het, dat ons as vrouens stem kan gee aan dit wat ons ongelukkig maak. Vrouens moet nie bang wees om op te staan vir hul regte nie en moet eienaarskap neem, vir waarheen ons oppad is en vir die generasie wat afhanklik is van ons voorbeeld”, het Minnies gesê.

Sy het haar kommer uitgespreek oor onenigheid onder vrouens en het gevra dat alle vroue in leierskaps posisies in hul gemeenskappe nie net platforms en geleenthede skep nie, maar dat vrouens moet omgee.

Dit sal bewys word deur die uitreiking wat vrouens doen.

“Dit tyd dat ons moet opstaan, hande vat en bou aan ‘n gesonde en veilige omgewing  vir ons as vrouens,” sê Minnies.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.