Douglas moordverdagte inhegtenis

"‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat op 27 Januarie 2021 is die lyk van die oorledene deur 'n verbyganger in 'n kuil in Breipaal, Douglas, ontdek."

0

Ondersoekbeamptes in die SAPD het ‘n 30 -jarige man inhegtenis geneem  weens die moord op Klaas Small (27).

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat op 27 Januarie 2021 is die lyk van die oorledene deur ‘n verbyganger in ‘n kuil in Breipaal, Douglas, ontdek.

Op 29 September 2021 omstreeks 13:30 het die polisie inligting opgevolg en die manlike verdagte by sy huis in Breipaal, Douglas, inhegtenis geneem.

“Daar word beweer dat die moord verband hou met versekeringsbedrog en dat nog arrestasies kan volg. Die verdagte sal binnekort in die Douglas -landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort,” het Kaptein Kock gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.