Douglas sakeperseel beroof – verdagtes aangekeer

0

Die polisie se vinnige optrede na ‘n roof waar ‘n buitelandse burger se supermark na bewering in Douglas beroof is, het gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 45-jarige man wat direk met die gewapende roof in verband staan.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die vier verdagtes geklee was in ‘n blou oorpak, gewapen met ‘n vuurwapen, die supermark binne gestorm het en die winkeleienaar in die proses gewond.

Die verdagtes het in ‘n wit bakkie met ‘n onbekende bedrag geld, sigarette en ander items van die toneel gevlug.

Die voorval het op Sondag, 08 Augustus 2021, omstreeks 19:00 plaasgevind.

 

Die verdagtes het die supermark binnegekom en voorgegee dat hulle kliënte is.

“Die Kimberley-vliegspan en speurders van die provinsiale georganiseerde misdaad het onmiddellik gereageer, wat gelei het tot ‘n hoë spoed agtervolging nadat hulle ‘n patrollieverslag van die Douglas-polisie ontvang het. Die verdagtes se bakkie is 20 kilometer in die rigting van Kimberley opgemerk”, het Tawana gesê.

Drie van die verdagtes het uitgespring en te voet van die toneel af gevlug toe hulle besef dat die polisie besig was om op hulle toe te sak.

 ‘n 45 -jarige verdagte wat vermoedelik die bestuurder van die bakkie was, is  inhegtenis geneem.

Die gesteelde items en kontant binne die bakkie is gevind.

“Die eienaar van die supermark het ‘n skietwond opgedoen en ontvang mediese behandeling,” het Tawana gesê.

Die provinsiale speurders vir georganiseerde misdaad het ‘n jagtog na die ander verdagtes begin.

Enige persoon met inligting wat kan help met die aanhouding en inhegtenisneming van die ander drie verdagtes, word versoek om die ondersoekbeampte, Luitenant -Kolonel Doggy Magugu, te kontak by 082 4690 578 of Crime Stop by 08600 10111.

Alle inligting sal met vertroulik hanteer word.

Die verdagte sal na verwagting op 10 Augustus 2021 in die landdroshof in Douglas verskyn op aanklag van gewapende  roof met die doel om ernstig te beseer.

Die waarnemende provinsiale hoof van speurders van die georganiseerde misdaad, Kolonel Clayton Du Plooy het die lede geprys vir hul vinnige reaksie wat gelei het tot die arrestasie van die verdagtes.

Leave A Reply

Your email address will not be published.