Drie in hegtenis geneem vir R17 000 se dagga

Die dagga het 'n beraamde straatwaarde van R17 000.

0

Die Kakamas-polisie het gister drie verdagtes van 25, 26 en 30 jaar oud in hegtenis geneem op klagtes van dwelmhandel.

Dit kom nadat die polisie ‘n verdagte voertuig gewaar het wat agter die Spar Supermark geparkeer was.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat die verdagtes weggesnel het toe hulle besef dat die polisie se oë op hulle gerig is.

‘n Hoëspoed-jaagtog het ontvou en die verdagtes het probeer om die inhegtenisneming te ontduik.

“Een verdagte het ‘n swart plastieksak gevul met dagga weggegooi.”

Tawana sê hulle het beheer oor hul voertuig verloor en met die polisiebakkie gebots.

Die dagga het ‘n beraamde straatwaarde van R17 000.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting op Dinsdag 16 Februarie 2021 voor die landdroshof op Kakamas verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.