Drie vas vir die besit van bedreigde plantspesies

0

Op 7 Julie is drie manlike verdagtes aangekeer en inhegtenis geneem terwyl hulle bedreigde plantspesies in die Pella-gebied versamel het.

Die Springbok Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid (STESU) het met Pella SAPD, Poffader SAPD en Thorburn Security Company saamgewerk op die operasie.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, sê hulle het 1100 plante gekonfiskeer met ‘n geskatte straatwaarde van R100 000-00 wat op die swartmark verkoop word.

Die drie verdagtes tussen 21 en 27 jaar oud sal binnekort in die Poffader-landdroshof verskyn op aanklagte van oortreding van die Noord-Kaapse Wet op Natuurbewaring 9 van 2009, Wet 52 – besit van beskermde plante.

Leave A Reply

Your email address will not be published.