Drie vas vir gewapende roof op Kuruman

0

Die Kuruman-polisie het op Sondag, 6 Augustus groot opslae gemaak, toe hulle ’n gewapende rooftog betyds kon keer.

Die Openbare Orde-polisie het drie verdagtes, by ’n vulstasie in die Kangung-area, op Kuruman in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramasteba, kon bevestig dat die drie verdagtes ’n gewapende rooftog beplan het.

“Die drie verdagtes was vir ‘n geruime tyd op die misdaad-intelligensie se radar.”

Die polisie het beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens, 39 rondtes ammunisie en ‘n VW Polo Vivo-motor.

Ramatseba sê die drie verdagtes sal na verwagting binnekort voor die Kuruman-landdroshof verskyn.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.