Driejarige seun doodgeskok op Pampierstad

’n Driejarige kind het vandag sy lewe verloor op Pampierstad, nadat hy blootgestel was aan lewende elektroniese drade.

0

’n Driejarige kind het vandag sy lewe verloor op Pampierstad, nadat hy blootgestel was aan lewende elektroniese drade.

Die bestuurder vir Eskom se SHEQS-komponent in die Noord-Kaap, Laetitia Smith, het bevestig dat die kind met ’n staaldrom vol water in aanraking gekom het.

“Die staal drom is aan lewendige elektriese drade blootgestel, wat aan die woonhuis gekoppel is.

Die drade kom uit die huis se geriffelde ysterdak,” sê Smith.

Smith noem ook dat dit ’n tragiese gebeurtenis is, en dat hulle hul innige meegevoel deel met die familie van die oorledene.

Hierdie is die tweede groot elektriese insident – wat ’n minderjarige insluit – wat aan Eskom in die Noord-Kaap gerapporteer is in die afgelope 3 maande.

NFM Nuus het in November 2020 verslag gedoen oor ‘n jong seun wat op Postmasburg doodgeskok het.

Smith bevestig dat Eskom gereeld bewusmakingsprogramme vir elektriese veiligheid in skole en plaaslike gemeenskappe uitvoer.

Sy moedig persone aan om waaksaam te saam wanneer dit by Eskom se infrastruktuur kom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.