Duo gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen

 Duo gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen

Foto: Verskaf @Valke Noord-Kaap

Die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekspan saam met Roodepan Misdaad Voorkoming en Kimberley Blitspatrollie het vroeër vandag, 21 Februarie 2022, twee verdagtes van 19 en 45 jaar in hegtenis geneem vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Valke Woordvoerder, Kaptein Tebogo Thebe het bevestig dat die span het inligting ontvang oor onwettige aktiwiteite wat in ‘n huis in Eaglestraat in Roodepan plaasvind.

“Die soek- en beslagleggingsoperasie is uitgevoer wat daartoe gelei het dat daar beslag gelê is op een rewolwer met ammunisie en ‘n plastieksak met wit poeier wat vermoedelik narkose is,” het Thebe gesê.

Albei verdagtes sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Bernadine Hearn

Related post