Duo vir bedrog gesoek in die Noord-Kaap

"Die polisie op Williston soek na Funeka Salamina Marobe en Godfrey Retshidisitswe Ramoepane in verband met twee afsonderlike bedrogsake."

0

Die polisie in die Noord-Kaap is opsoek na ‘n duo wat vermoedelik sakepersone geroof het.

Die polisie op Williston soek na Funeka Salamina Marobe en Godfrey Retshidisitswe Ramoepane in verband met twee afsonderlike bedrogsake.

Daar word beweer dat die duo Williston se sakepersone uit meer as R600 000 geroof het.

‘n Woordvoerder vir die SAPD in die Noord-Kaap , Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat in die verslag van die klaers word beweer dat die duo hulle mislei het deur vir hulle te sê dat hulle regeringsamptenare is, en hulle wil hulle gelukwens omdat hulle ‘n tender ontvang het vanaf  een van die regeringsdepartemente.

Hulle het beide klaers oortuigend bedrieg om elk R300 000 in hul bankrekeninge te deponeer.

Die klaers beweer dat kommunikasie tussen hulle tot ‘n doodloopstraat geloop het nadat hulle geld in onderskeidelik Marobe en Ramoepane se bankrekeninge inbetaal het, en dat hulle nêrens te vinde was nie.

“Hierdie misdade is in Augustus 2018 gepleeg. Marobe se laaste bekende woonadres was by huis nr. 1313 eenheid 8, Garankuwa. Haar ander woonadres was by Stand1451 , Zone 5 Garankuwa,” het kaptein Tawana gesê.

Ramoepane se laaste bekende adres was op Fase 2 Hoofweg 1379, Santon Verre Ooste Alexandra, Gauteng.

 Lasbriewe is uitegreik vir hul arrestasies nadat hulle nie in die landdroshof in Williston verskyn het nie.

Enige persoon wat kan help met inligting oor die plek van die duo, word versoek om die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Matthys, te skakel by 063 6911 716 of konstabel Grant Hoorn by 082 4483 754.

Misdaadstop kan gekontak word by 08600 10111. Alle gedeelde inligting word streng vertroulik hanteer.

Leave A Reply

Your email address will not be published.