Dwelmhandelaar inhegtenis

"Daar is ook beslag gelê op meer as R40 000 kontant wat vermoedelik deur middel van dwelmhandel gegenereer was."

0

‘n 33-Jarige man is aangekeer op Dinsdag 27 Julie 2021 in besit van crystal meth (Tik) met ‘n gewig van 23,26 gram, ter waarde van nagenoeg R6000.

‘n Polisiewoordvoorder in die Noord-Kaap, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die polisie in Prieska opgetree het nadat hul inligting ontvang het rakende die vermeende dwelmhandel in Mandela Square, Prieska.

Die polisie het dadelik gereageer en op die perseel van die verdagte toegeslaan.

Die verdagte was aangetref terwyl hy besig was met die verpakking van die tik-dwelm.

Hy het probeer om die verpakte dwelms te vernietig.

Daar is ook beslag gelê op meer as R40 000 kontant wat vermoedelik deur middel van dwelmhandel gegenereer was.

Die verdagte word aangekla vir die handel in dwelms.

Hy sal na verwagting binnekort voor die landdroshof op Prieska verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.