Dwelmhandelaar verskyn vandag in hof op Springbok

"Die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat die verdagte gevind is in besit van Crystal Meth (tik) van 144,80 gram en 367 eenhede Mandrax-tablette."

0

Springbok se Openbare Ord Polisie (OOP) het ‘n 56-jarige man op die N-7 vasgekeer met dwelms ter waarde van meer as R50 000 tydens Operasie Vhuthu Hawe.

Die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat die verdagte gevind is in besit van Crystal Meth (tik) van 144,80 gram en 367 eenhede Mandrax-tablette.

Dit het gevolg nadat informasie met betrekking tot ‘n Quantum minibus Taxi wat op die N7 gery het, moontlik dwelms vervoer het.

“Lede van die openbare orde-polisie in Springbok het vinnig opgetree en die Quantum Taxi op die N-7 afgetrek. Tydens die soektog is ‘n 56-jarige man in besit van dwelms gevind,” het Kaptein Twana gesê.

Die taxi was van Kaapstad af in die rigting van Springbok.

Die verdagte sit agter tralies en sal na verwagting op Maandag, 4 Oktober 2021 in die Springbok -landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Leave A Reply

Your email address will not be published.