Dwelmhandelaars in Upington in hegtenis geneem

"Die verdagtes sal na verwagting Woensdag 30 Junie 2021 voor die landdroshof in Upington verskyn."

0

‘n Gesamentlike operasie bestaande uit die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad en kommersiële misdade en die  Upington se Honde-Eenheid K9-eenheid, het gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir beweerde dwelmhandel.

Die woorvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi sê dat die verdagtes gister oggend in hegtenis geneem is, nadat inligting oor die beweerde dwelmhandel by die Dekota plakkerskamp in Upington ontvang is.

“Die span het ‘n ontwrigtende operasie by die genoemde adres gedoen.

Tydens die soektog is beslag gelê op kristalmetamfetamien (Tik), een en ‘n mandrax tablette, vyf selfone en klein sakkies met dwelms” het sy gesê.

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag 30 Junie 2021 voor die landdroshof in Upington verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.