Dwelmhandelaars vas op Nababeep

0

Op Dinsdag, 29 Junie, omtrent 09:00 het die polisie ’n verdagte byeenkoms van mans in ’n woongebied op Nababeep waargeneem.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, sê Nababeep polisie het vier manlike verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 45 jaar oud gevang terwyl hulle na bewering besig was met ’n dwelmtransaksie.

“Die polisie het die niksvermoedende mans in hegtenis geneem en 900 mandrax-tablette, 150 gram Tik en 8.3 gram hoëgraadse dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R84 000-00 gekonfiskeer.” sê Kock.

’n Wit VW Polo is ook gekonfisikeer omdat dit na bewering in die misdaad gebruik is.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.