Dwelmhanderlaar in Kuruman gearresteer

“Die span het 'n ontwrigtende ondersoek en beslaglegging op die genoemde adres gedoen. Tydens die soektog is kokaïen, kristalmetamfetamien (Tik), mandrax -tablette, weegskaal, selfone, ringe, halssnoere, horlosies en sleutels ter waarde van meer as R400 000 en 'n onbekende bedrag geld gekonfiskeer, het Minisi gesê.

0

‘n Gesamentlike operasie bestaande uit die Valke-ondersoek na ernstige georganiseerde misdaad, grenspolisie, Upington K9, Kuruman K9, snelwegpatrollie en misdaadvoorkoming het gelei tot die arrestasie van ‘n 46-jarige wat na bewering met dwelms handel gedryf het.

Nomthandazo Mnisi, ‘n Valke woordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat die verdagte vroeër vanoggend in Kuruman in hegtenis geneem is.

Dit het gevolg nadat inligting ontvang is oor die beweerde dwelmhandelaktiwiteite in Mimosa Ave, Kuruman.

Die verdagte is ook deur die polisie in Hilbrow gesoek op aanklag van die besit van dwelms.

“Die span het ‘n ontwrigtende ondersoek en beslaglegging op die genoemde adres gedoen. Tydens die soektog is kokaïen, kristalmetamfetamien (Tik), mandrax -tablette, weegskaal, selfone, ringe, halssnoere, horlosies en sleutels ter waarde van meer as R400 000 en ‘n onbekende bedrag geld gekonfiskeer, het Minisi gesê.

Die verdagte sal na verwagting op Vrydag 22 Oktober voor die landdroshof in Kuruman verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.