Dwelmstrooptogte lei tot verskeie inhegtenisnemings

"Polisiewoordvoerder, Sersant Omphile Masegela het gesê dat daar is beslag gelê op 'n onbekende bedrag geld en dwelms insluitend Tik, mandrax en dagga ter waarde van meer as R6 700."

0

Die waarnemende distrikskommissaris van ZF Mgcawu, Brigadier Johnny Besnaar het die lede geprys wat verskeie dwelmstrooptogte in die Rosedale-omgewing uitgevoer het.

’n Intelligensie-gedrewe operasie is op Dinsdag, 26 Oktober 2021 uitgevoer waardeur vier wonings suksesvol deursoek is.

Polisiewoordvoerder, Sersant Omphile Masegela het gesê dat daar is beslag gelê op ‘n onbekende bedrag geld en dwelms insluitend Tik, mandrax en dagga ter waarde van meer as R6 700.

“Die polisie het vier mans tydens die klopjag in hegtenis geneem en hulle sal na verwagting binnekort in die Upington-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van dwelms en handel in dwelms,” het Sersant Masegela gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.