EDCOIN, geskep om onderwysers by skole te help

'Chatmix, 'n aanlyn sagtewareontwikkelings en digitale maatskappy, wat gestig is deur Warren Basson.'

0

Chatmix, ‘n aanlyn sagtewareontwikkelings en digitale maatskappy, wat gestig is deur Warren Basson.

EDCOIN is sy nuuste ontwikkeling wat geskep is om onderwysers by skole te help om hul akademiese aktiwiteite automaties te beheer.

Deur middel van die EDCOIN aanlyn toep kan onderwysers, leerders en ouers in teken en sien hoe leerders vorder met take en ook eksamen voorbereiding.

Ons weet tans met Covid-19 is dit moeilik om fisies te ontmoet, maar met EDCOIN is dit makliker gemaak dat ouers en onderwysers met mekaar kan Zoom.

Wanneer ouers en onderwysers ‘n vergadering wil reël kan dit geskied omdat Edcoin direk kan
inteken met hul Zoom rekeninge.

Wanneer onderwysers in teken kan hul akademiese aktiwiteite beheer soos daaglikse huiswerk take, eksamen voorbereidings, eksamen roosters, alle vakke wat hulle aanbied, klas roosters en alles wat gepaard gaan met hul akademiese aktiwiteite.

As deel van ‘n werkskeppings initiatief word daar beoog om assistente aan te stel om dit makliker te maak vir onderwysers en leerders.

Hierdie EDCOIN assistente sal die leerders wat nie toegang tot internet het nie help registreer op EDCOIN met hul vakke, klasse en eksamen skedules.

Met EDCOIN kry onderwysers ook kwartaalikse bonus punte wat deur die wel bekende Ethereum Digitale geld eenheid onderskryf word.

Hierdie bonus punte kan in Suid Afrikaanse Rand omgesit word.

Daar is ‘n blink toekoms vir leerders wat op hierdie aanlyn stelsel is.

Basson noem ook dat sy persoonlike doelwit is om EDCOIN te gebruik om leerders aanlyn sagteware programmering vaardighede aan te leer.

“Baie van ons sosiale probleme kan aangespreek word deur middel van sulke vaardighede te besit,” se hy.

As enige onderwyser belangstel om meer inligting te wel verkry, kan U gerus Warren Basson skakel by 072 6066 920 of op Whatsapp by dieselfe kontak nommer.

Daar is ook Zoom vergaderings wat Maandae tot Donderdag aande gehou word vanaf 8h30 nm vir 30 minute en om in te skakel moet u hom net ‘n Whatsapp stuur.

Leave A Reply

Your email address will not be published.