Een nuwe geval van COVID-19 vir Nama-Khoi regsgebied bevestig

0

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het gister een nuwe geval van COVID-19, in die Nama-Khoi regsgebied aangemeld.

Die totaal bevestigde gevalle van COVID-19, in die Nama-Khoi regsgebied, staan tans op 359, terwyl 250 persone van die virus genees is.

“Dit laat die Nama-Khoi regsgebied, met ‘n totaal van 104 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

Die Departement van Gesondheid het 5 sterftes in die Nama-Khoi regsgebied bevestig.

Die Minister het 222 mense aangekondig wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap, wat die kumulatiewe totaal op 20 381 gevalle te staan bring.

Ongelukkig het die Minister ses bykomende sterftes in die Noord-Kaap aangekondig; een vanuit die Kheis Plaaslike Munisipaliteit, twee vanuit die Kai! Garib Plaaslike Munisipaliteit, en drie vanuit die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit.

Dit bring die totale aantal COVID-19 verwante sterftes in die provinsie, op 254 te staan.

“Ons betuig ons medelye met die geliefdes van die oorledenes en bedank die gesondheidswerkers wat die oorledenes behandel het”, het die Minister gesê.

Daar is 18 mense wat na ander provinsies herverdeel moet word.

Die provinsie se herstelsyfer het intussen gestyg tot 16 933, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 83%.

Foto: Jongste COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister het op Twitter bevestig dat Suid-Afrika ‘n toename in nuwe gevalle getoon het.

“Van vandag af is die totale aantal positief bevestigde gevalle van COVID-19 705 254 met 1 461 nuwe sake.

Die kumulatiewe aantal toetse wat tot dusver uitgevoer is, is 4 565 980, met 16 502 nuwe toetse wat sedert die laaste verslag gedoen is.

Ons herstelsyfer staan nou op 635 257, wat dui op ‘n nasionale herstelkoers van 90%.”

Foto: Jongste COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.
Leave A Reply

Your email address will not be published.