Een nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die Namakwa-distrik bly op 13 848, die sterftesyfer is 160, met 13 425 genesings en diè distrik het 263 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslag periode is een nuwe Kovid-19 geval vir die Namakwa-distrik aangemeld, wat toegeken is aan die Nama Khoi regsgebied.

Die Namakwa-distrik bly op 13 848, die sterftesyfer is 160, met 13 425 genesings en diè distrik het 263 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 12 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 525.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 282.

Sowat 88 650 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 591 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.