Eerste halfweghuis vir die Namakwa-distrik

"Hierdie deurbraak is te danke aan die Nama Khoi munisipaliteit wat  ‘n huurperseel beskikbaar gestel het."

0

Die “Namakwa-manne van God”, ‘n interkerklike organisasie is tans besig om ‘n “HalfwayRecovery House” in Namakwaland op die been te bring.

Halfweghuise, ook bekend as nugter woonhuise, is ‘n tipe koshuis wat ‘n dwelm- en alkoholvrye omgewing bied vir mense wat  uit ’n rehabilitasie sentrum ontslaan was op pad na hul volkome genesing.

Die oorgang na ‘n halfweghuis is ‘n voordelige stap na voltooiing van die binnepasiëntbehandeling of terwyl u vir ‘n buitepasiëntbehandelingsprogram ingeskryf is.

Dit bied portuurondersteuning en ander dienste, en kan ‘n brug wees tussen die ondersteuning van ‘n behandelingsentrum en die versoekings van die ‘regte wêreld’.

Hierdie deurbraak is te danke aan die Nama Khoi munisipaliteit wat  ‘n huurperseel beskikbaar gestel het.

Pastoor Andy Brandt, die stigter van “Namakwa-manne van God sê: ”Die doel van die halfweghuis is om vir verslaafde persone die nodige ondersteuning te bied wanneer hulle terug keer van ‘n rehabilitasie sentrum. Te veel sien ons hoe mense net weer terugval in dieselfde siklus van verslawing”.

Pastoor Banda het bygevoeg dat hulle alle gemeenskapsleiers, besighede en die plaaslike gemeenskap uitnooi om hand by te sit met enige bydrae in terme van die herstelwerk van die gebou, benodighede is onder andere verf, meubels, eetgerei, beddegoed en huishoudelike toerusting.

Die Recovery Halfway House se visie is om die Namakwa-distrik te bedien en om gedurende Augustusmaand te open.

Vir verdere navrae of inligting kontak Pastoor Andy Brandt by 066 60 5967 of Pastoor Banda by 073 652 9893.

Leave A Reply

Your email address will not be published.