Eerste sneeu val in Namakwaland

"Die Hantam is nou een pragtige streek soveel so dat baie gedigte en liedjies geskryf is oor die Hantam-streek en sy mense."

0

Die koue is duidelik hier en Dinsdagoggend kon Calvinianers dit besef toe hulle ontwaak met die Hantam berge wat in sneeu bedek is, het Donnawin Ruiters gesê.

Dit was die eerste sneeu van die jaar vir die Hantam-streek en seer sekerlik ook nie die laaste nie.

Verlede jaar was die  Hantamberge ten minste 3 keer met sneeu bedek.

Alhoewel dit prentjiemooi is, moet bygesê word is dit ook bitterkoud.

Die pragtige sneeu op die berge het gesorg vir treffende foto’s en was oral op sosiale media gedeel.

Die pragtige landskap en wit berpieke maak in ‘n mate op vir die golf van geweld en betogings tans in in KZN en in Gauteng.

“Calvinianers is bevoorreg om  omring te word met die Hantamberge en wat nog ‘n mooier gesig as sy in wit bedek is. Alhoewel daar sneeu vir die gebied voorspel was sal jy nogsteeds die mooiheid daarvan waardeer elke keer as dit gebeur”, het Ruites gesê.

Maandag het die reën ook  geval en 18mm was gemeet.

Soos gewoonlik het daar nie baie sneeu op die Rebunie-berg geval nie, en verdwyn ook vinnig  sodra die son sy verskyning maak.

Die Hantam is nou een pragtige streek soveel so dat baie gedigte en liedjies geskryf is oor die Hantam-streek en sy mense.

Die reën gaan nog val  en die wind gaan nog waai voor die winter verby is in die Hantam en dan hoor ons vir Coenie de Villiers sing” Ruik jy katbos en kambro, as dit reën in die kleinkaroo, My Hantamwind, my optelkind vanaand.

Intussen wag ons daai sneeuliedjies!

Leave A Reply

Your email address will not be published.